WCED Matric Support

Die aftel na die aanvang van die 2014-matriekeksamen het begin. Die Wes-Kaap Onderwysdepartement is daartoe verbind om jou op enige moontlike manier te ondersteun om matriek te slaag en uitstekende uitslae te behaal.

Uiteindelik hang jou sukses af van wat jy in jou studies insit - hoe jy jou tyd beplan, hoe hard jy studeer, hoe gefokus, positief en gesond jy bly.

Die WKOD wens jou alles van die beste toe - deur hard te studeer, maak jy aanspraak op jou sukses en jou toekoms.

Die boek, Wenke vir Sukses is voorberei om jou te help om jou matriek deur te kom.  Dit gee raad oor hoe om vir die eksamen voor te berei, hoe om jou studietyd te beplan en wat om te leer vir elke vak.

Dit sluit in advies van leerders wat uitgeblink het in verlede jaar se eksamen, sowel as 'n eksamenrooster en inligting oor beurse en studielenings vir verdere studie volgende jaar. Om die volledige boek af te laai, druk of die prent na die regs


  1. 10 dinge om te doen om sukses te behaal & Wenke vir Sukses (pdf: size 823 KB)
  2. Voorbeeld van 'n Graad 12 Studierooster (pdf: size 34 KB)
  3. Blanko Studierooster(pdf: size 24 KB)
  4. Bewaarheid jou drome - raad van sommige van die leerders wat goed gevaar het in vorige Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens (pdf: size 184 KB)
  5. Beurse en lenings (pdf: size 142 KB)
  6. Inhoud / konsep lys vir studies
    Die volgende dokumente bevat lyste van hoofkonsepte en inhoud geneem uit vakke wat jy moontlik in graad 12 sal bestudeer.  Die vakname is alfabeties gerangskik.  Jy kan dus maklik jou sewe of meer vakke vind en die konsepte/inhoud op jou blanko studierooster aanbring.  Jy kan ook hierdie lyste as kontrolelyste gebruik om op die hoogte te bly van die vordering wat jy met jou studies maak.  Hierdie lyste sal vir jou 'n aanduiding gee van hoeveel werk jy hierdie jaar sal moet dek, en jou in staat stel om jou tyd daarvolgens in te rig.

volledige boek